• Skip to main content
  • Skip to after header navigation
  • Skip to site footer
My Durban

My Durban

Durban News, Business, Accommodation, Directory

  • Accommodation
    • Showcase your accommodation
    • Beachfront
    • Glenwood
    • Yacht
  • Events
  • Submit News FREE
  • News

2020 SPAR Kirkwood Wildsfees staan oor tot 2021

18 March 2020 by Alan

2020 SPAR Kirkwood Wildsfees staan oor tot 2021:

Ná deeglike oorweging het die direksie en bestuur van die SPAR Kirkwood Wildsfees besluit om nié die 2020-fees weens die wêreldwye uitbreek van die COVID19-virus aan te bied nie “Maar wees gerus, ons het reeds ons datums en planne in plek vir volgende jaar se SPAR Kirkwoods Wildsfees wat oor die naweek van 25 – 27 Junie aangebied sal word,” sê Jenni Honsbein, feesdirekteur.

“Dit was n baie moeilike besluit om te neem,” sê Paul Marais, voorsitter van die Wildsfees.

“Hoewel die Wildsfees se beplande datums buite die periode van pres. Cyril Rampahosa se verbod op openbare samekomste val, is besluit dat die aanbieding van die 2020-Wildsfees ‘n te groot risiko vir te veel mense sal inhou.

“Dit sluit in die duisende werkers wat in een van die beste sitrusproduksiejare nog, die vrugte moet pluk en verpak.

“Ons borge het volle begrip vir ons besluit en ondersteun dit ook. Talle het hulle al verbind tot die 2021 SPAR Kirkwood Wildsfees,” voeg Marais by.

“As naamborg van die SPAR Kirkwood Wildsfees, ondersteun ons die kansellasie van die 2020 Wildsfees ten volle,” sê Alan Stapleton: aankopebestuurder nie-bederfbares, borgskappe en geleenthede van SPAR Oos-Kaap.

“Hoewel die Wildsfees baie belangrik is vir die Kirkwood-gemeenskap, is die risiko net te hoog vir alle rolspelers – die kunstenaars, stalletjiehouers, diensverskaffers, feesgangers, en vele meer – om daarmee voort te gaan.

“Ons prys die feesbestuur vir hul toewyding om ‘n wen-wen-stuasie vir almal te probeer skep.

“Kom ons bly almal positief onder die huidige omstandighede met die wete dat ook dié krisis verby sal gaan en dat die 2021 SPAR Kirkwood Wildsfees nóg groter en beter as ooit tevore sal wees,” sê Stapleton.

Volgens Marais het die Wildsfees, in trotse gemeenskapsbesit, genoeg geldelike reserwes opgebou, juis om dit deur ‘n uitdagende periode te kan neem.

“Ons kon dit doen omdat die Wildsfees, as ‘n nie-winsgewende organisasie, se fokus op volhoubaarheid en die beste belang vir die inwoners van die Sondagsriviervallei is,” sê Marais.

Omdat die meeste van die kunstenaars, wat al lankal vir die fees bespreek is, ‘n uitdagende jaar tegemoet gaan, het die Wildsfees-bestuur besluit dat hierdie kunstenaars die deposito’s kan hou wat reeds aan hulle betaal is. Die enigste voorwaarde hieraan verbonde is dat hulle ‘n nuwe kontrak vir hul optrede vir 2021 se Wildsfees moet onderteken.

Net so sal daar aan stalletjie-eienaars, wat reeds hul deposito’s betaal het, die opsie gegee word om hul deposito (minus BTW) terug te kry, of om hul bespreking vir 2021 se Wildsfees teen dieselfde koste as dié van 2020 te hou.

“Hierdeur is dit n wen-wen situasie vir almal. Ons vertrou dat die gasvryheidsbedryf van die Sondagsriviervallei en Addo die nodige insig vir die groter prentjie sal toon en óf die deposito’s op besprekings vir verblyf sal terugbetaal, of om dié besprekings na volgende jaar oor te dra,” sê Marais.

Video: 2020 SPAR Kirkwood Wildsfees staan oor tot 2021

More Info on 2020 SPAR Kirkwood Wildsfees staan oor tot 2021 here: http://www.wildsfees.co.za
Twitter: https://twitter.com/Siyathetha
Facebook: https://www.facebook.com/SiyathethaCommunications/

CLICK HERE to submit your press release to MyPR.co.za.

Click HERE to submit your Durban / Kwazulu-Natal Press Release.

Category: MyPRTag: 2020, 2021, Kirkwood, SPAR, staan, Wildsfees

About Alan

The one with a “My Complex” – incurable but fun. Grumpy, Cynical, Wise and Idiotic. I can also be found HERE.

Previous Post:No plans on slowing down for Roelofsen – Featured Durban Blog
Next Post:Alleged rhino poachers run scared in KwaZulu-Natal, flee into bushes

Building Automation, Prepaid Meters and Home Automation Products.

Stratlec offers everything you need to MEASURE, MANAGE and SAVE Electricity

Shop Online

MyZA News

  • South Africa v New Zealand – Teams and Prediction | SA News
  • Six Nigerians to be extradited to US over alleged R100m romance scam | SA News
  • We checked 470 toilets in this Cape Town informal settlement. Only 45 were working
  • Nigerian bans legislators from working with, visiting South Africa | SA News
  • Nigeria bans lawmakers from visiting South Africa | SA News

MyPR News

  • Solar Without Storage “Leaves Money on the Table” Under New the New Draft Electricity Pricing Policy 2026, Warns Rhino Energy Solutions
  • Stanchion Payments Continues Its Growth Trajectory With New African-Focused Appointment
  • The Rise of Indoor-Outdoor Living – Without Compromising Security
  • 1Fetch Makes Same-Day Delivery Fast And Simple
  • Bed King Urges South Africans to Rethink Mattress Support as They Age

Cape Town News

  • Nigeria seeks investigation into Nigerian man’s death after Cape Town arrest
  • Parliament trespasser arrested
  • Show me the money: Inside the multi-million payday behind the Baltimore test
  • Pensioner’s grant halted after alleged duplicate ID
  • Rough seas warning: Check tides before heading to the coast

NMB News

  • Body Discovered in Kwanoxolo, Bethelsdorp
  • Baby Abandoned in Spondo Road – SAPS Seek Mother
  • SAPS Warn Gqeberha Retirement Villages
  • E-bicycles Valued at R500 000 Recovered in Wells Estate
  • Dear Babalwa – Here is Your Tweetable SOMA Report

Copyright © 2026 · All Rights Reserved · Powered by Straton Solar